Martin du Plessis is 31 jaar oud en woon in Pretoria.

Hy het sy skoolloopbaan voltooi by Hoërskool Kempton Park waar hy matriek voltooi het met 17 vakke waarvan 14 onderskeidings was.

Martin het B.Sc (Aktuariële Wiskunde) by die Universiteit van Pretoria studeer.

Hy het ook 'n nagraadse sertifikaat in Wiskundige Onderwys en 'n Honneursgraad in Wiskundige Onderwys, beide cum laude, aan die Universiteit van Suid Afrika verwerf.

Martin is tans besig met sy Meestersgraad studies by die Universiteit van Suid Afrika.

Martin was onder die toppresteerders in die land met sy matrikulasie in 2003.

Gedurende sy studies by die Universiteit van Pretoria was hy gekies as lid van die Golden Key International Student Honour Society vir akademiese prestasie op universiteitsvlak.

Hy is ook ‘n lid van Mensa vir ‘n IK bo 131.

Na voltooiing van sy graad het hy vir ‘n twee jaar tydperk in Dubai vir Emirates Lugredery gewerk.

Met sy terugkoms na Suid Afrika in 2009 het Martin (tesame met Werner Cronje) DuCron Opleiding gestig wat ‘n maatskappy is wat aanvullende klasse in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe aan skoolleerders lewer.

Martin staan hoofsaaklik aan hoof van die Wiskunde Departement en het 10 jaar ondervinding om Wiskunde aan spesifiek Graad 11 en Graad 12 leerders te verduidelik.

Werner Cronjé is 31 jaar oud en woon in Pretoria.

Hy het in 2004 met sy graadstudie te Universiteit van Pretoria (B.Sc. Aktuariële Wiskunde) begin, waar hy ‘n ekstra inkomste verdien het as tutor in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe vir hoërskool studente.

Hy het tydens sy studies ook lidmaatskap verwerf aan die Golden Key International Student Honour Society vir uitnemende prestasie op Universiteitsvlak.

Werner is ook ‘n lid van Mensa wat sy IK in die top 2% van die wêreld se bevolking plaas.

Nadat hy sy graadstudies suksesvol afgehandel het in 2006, het hy werkservaring opgedoen by Absa Konsultante en Aktuarisse asook Emirates Lugredery in Dubai.

In 2009 het Werner (tesame met Martin du Plessis) DuCron Opleiding gestig om addisionele onderrig te bied in die vakke Wiskunde en Fisiese Wetenskappe, aan hoërskool leerders in die Oos-Rand.

Werner is spesifiek gefokus op Graad 11 en 12 Fisiese Wetenskappe onderrig en het in die 10 jaar wat hy die vak aanbied, 1000de studente gehelp om punte so hoog as 99% in die matriek eindeksamen te verwerf.