Klaskamer10 is die opwindende KykNet program wat Wiskunde en Fisiese Wetenskappe ekstra klasse na jou huis toe bring.

Die Tutors, Martin en Werner, behandel daagliks belangrike afdelings van die Wiskunde en F/W sillabusse om jou te help sodat jy slaggereed sal wees vir jou eindeksamen.

Werkstukke is ook daagliks beskikbaar wat die inhoud van elke dag se episode dek - geen verskonings, jy het nou alles wat jy nodig het!

BLIKslim is 'n omvattende reeks hulpmiddels wat jy kan kry addisioneel tot die program inhoud!

Die BLIKslim blikke bevat onder andere Werksboeke, Video lesse, Afrondingsboeke en Vraestelle vir elke kwartaal.

Daar is ook 'n reeks super cool BLIKslim skryfbehoeftes - Notaboeke, Pennesakkies, Penne en Potlode en nog baie ander merchandise! Gaan kyk gerus na die BLIKslim bladsy vir nog meer inligting en die nodige bestelvorm!

Klaskamer10 is elke Maandag - Vrydag, 16h00 op KykNET NOU! Kanaal 146.

Die hele week se episodes word op Saterdagoggende van 09h00-11h30 op KykNET NOU! tydens 'n omnibus uitegesaai.