Blikslim Logo

Meer oor BLIKslim...

Die BLIKslim reeks is ontwerp, ontwikkel en saamgestel deur Martin en Werner (die Klaskamer10 tutors). Dit is ‘n omvattende reeks hulpmiddels en produkte wat leerders van gebruik kan maak by die huis, as aanvulling tot hul skoolwerk. Die BLIKslim reeks is ook uiters geskik vir leerder wat tuisskool of aanlynskole bywoon.

Die BLIKslim reeks is geskik vir alle leerders in Graad 8 – Graad 12 vir Wiskunde, op die CAPS of IEB sillabusse asook alle leerder in Graad 10 – Graad 12 met Fisiese Wetenskappe op die CAPS of IEB sillabusse.

Die BLIKslim reeks sluit onder andere die volgende produkte in:

USB met Video Lesse

USB met Video Lesse

Jou BLIKslim USB bevat video lesse wat deur Martin en Werner aangebied word. Elke onderwerp van die sillabus word in diepte, stap-vir-stap vir jou verduidelik. Indien jy dit vir die eerste keer sien of selfs gebruik as aanvulling tot jou skoolwerk, hierdie lesse sal jou Wiskunde en Fisiese Wetenskappe konsepte so helder soos daglig maak!

BLIKslim
Werksboeke

BLIKslim Werksboeke

Jou BLIKslim werksboek verdeel elke komponent van die sillabus in ‘n Video Les Werkstuk, ‘n Oefen Werkstuk en ‘n Memorandum. Die Video Les Werkstuk gebruik jy terwyl jy deur die video les, saam met Martin en Werner werk. Die Oefen Werkstuk bevat oefeninge oor dieselfde konsepte as wat pas vir jou in die video verduidelik is en die Memorandum bevat stapsgewyse antwoorde wat jy kan gebruik om jouself na te sien en seker te maak jy verstaan die werk.

BLIKslim
Klein Boekie Reeks

BLIKslim Klein Boekie Reeks

Die BLIKslim Klein Boekie Reeks, neem sekere gedeeltes van die sillabus, waarmee daar gewoonlik meer mee gesukkel word (soos ons almal natuurlik weet, byvoorbeeld Trigonometrie) en behandel daardie spesifieke gedeelte in meer diepte en gee ook vir jou die geleentheid om die betrokke konsepte meer te oefen.

BLIKslim
Vraestelle

BLIKslim Vraestelle

Die BLIKslim vraestelle is opgestel deur Martin en Werner en dien as uitstekende voorbereiding vir jou siklustoetse en eksamens. Die eksamenvraestelle kom ook saam met ‘n antwoordboek en volledige stapsgewyse memorandums, wat jy weereens kan gebruik om jouself te toets, voor jy die regte toetse en eksamens moet aflê.

BLIKslim
Breinkaarte

BLIKslim Breinkaarte

Die BLIKslim Breinkaarte is so opgestel, dat dit jou help om ‘n volledige opsomming van spesifieke konsepte in die sillabusse te maak. Jou breinkaarte kom saam met sticky notes en highlighters sodat jy kleurvolle breinkaarte kan opstel wat gebruik kan word vir eksamen hersiening.

BLIKslim
Boosters

BLIKslim Boosters

Die BLIKslim Boosters is pakkette wat saamgestel is uit “mock exams” wat deur middel van video lesse stap vir stap jou lei deur die verskillende eksamen vraestelle wat jy gaan skryf. Die Boosters is die perfekte hulpmiddel vir eksamen voorbereiding en afronding en kan die week voordat jy die groot toets moet skryf deur gewerk word, om jou gereed te kry vir jou vraestel.

BLIKslim
Afrondingsboeke

BLIKslim Afrondingsboeke

Die BLIKslim Afrondingsboeke is opgedeel in ‘n aantal dae met ‘n werkstuk per dag wat jy moet voltooi. As jy hierdie, dag vir dag program volg, sal jy deur die hele sillabus werk in minder as 20 dae. Die Afrondingsboeke bevat volledige memorandums met stapsgewyse antwoorde en is hoofsaaklik saamgestel uit eksamentipe vrae, sodat jy weereens, 100% gereed kan wees vir jou eindeksamen.

Twee opsies om te bestel:

Hoe om te bestel?

VOLG DIE MAKLIKE STAPPE!

AANLYN VORM

Blikslim Logo
KONTAKBESONDERHEDE:
Pos Adres
Aflewerings Adres(Required)
INLIGTING VAN LEERDER WAT DIE PRODUKTE SAL GEBRUIK:

OPSIE 1:

Kwartaal Pakket
(R1299 per blik, per vak)
Beskrywing:
Pakket word gestuur met verifikasie van betaling.
Vak
Graad
Kwartaal

OPSIE 2:

Booster Pakket
(R1199 per blik, per vak)
Beskrywing:
Hierdie blikke is spesifiek vir eksamenvoorbereiding gedurende kwartaal 3 en 4 vir Graad 12 en Kwartaal 4 vir Graad 8 – Graad 11.
Vak
Graad
Kwartaal

OPSIE 3:

Jaarpakket
Graad 8-11
(R5299 per vak, per jaar)
Beskrywing:
Hierdie jaarpakket is ALLE inhoud vir ‘n enkele vak – Wiskunde of Fisiese Wetenskappe vir ‘n jaar.
Vak
Graad

OPSIE 4:

Jaarpakket
Graad 12
(R4999 per vak, per jaar)
Beskrywing:
Hierdie jaarpakket is ALLE inhoud vir ‘n enkele vak – Wiskunde of Fisiese Wetenskappe vir ‘n jaar.
Vak

OPSIE 5:

BLIKslim Light
(R699 per vak, per kwartaal)
Afleweringsfooi van R180 uitgesluit op elke light pakket
Beskrywing:
Hierdie pakkette bevat slegs die BLIKslim werksboek asook USB met video lesse vir ‘n kwartaal.
Vak
Graad
Kwartaal
Hiermee aanvaar ek die Terme en Voorwaardes
van Klaskamer10 en BLIKslim produkte.
This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Scroll to Top