Welkom by KLASKAMER10!
Jou alles-in-een oplossing vir enige WISKUNDE EN FISIESE WETENSKAPPE nagmerries!
Klaskamer10 is ‘n ekstra klas instansie wat ekstra klasse en hulpmiddels in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe lewer sedert 2009.
Duisende leerders het al deur die deure van Klaskamer10 geloop en verbeterings in punte tot soveel as 70%, spreek van die sukses van ons tegniek en aanbieding.
Ons is nie jou tannie wat rondom haar eetkamertafel ekstra klasse bied nie – ons klasse en produkte WERK!
Ekstra Klasse
Klaskamer10 is nie net die gewilde Wiskunde en Fisiese Wetenskappe program op kykNET nie, ons bied ook hulpmiddels en ekstra klasse in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe aan. Op die oomblik is produkte en dienste beskikbaar in Wiskunde vir Graad 8 – Graad 12 leerders asook in Fisiese Wetenskappe vir Graad 10 – Graad 12 leerders.
Klaskamer10 bied ook hulp aan universiteitsstudente in verskeie Wiskunde, Chemie en Fisika modules asook studente wat N-kursusse doen vir Wiskunde N1-N6 en Wetenskap N1-N6.
Kyk uit vir ons BLIKslimpies Reeks, spesifiek vir Laerskool leerders vanaf 2023 en skakel in elke dag op Kanaal 145 (DSTV) om 15h00 of Kanaal 148 (DSTV) om 17h00 om jou daaglikse dosis van Klaskamer10 te kry.
Klaskamer10
Die gewilde Wiskunde en Fisiese Wetenskappe program, KLASKAMER10, bring Wiskunde en F/W ekstra klasse direk na jou huis!
Kry jou daaglikse werkstuk op ons KLASKAMER10 page waar jy stap vir stap kan volg wat jou tutors, Martin en Werner op die program doen.
Klaskamer10 is weeksdae vanaf 15h00 te sien op Kanaal 145 (kykNET&Kie) asook vanaf 17h00 op Kanaal 148 (kykNET Lekker!) en is ook beskikbaar op DSTV Catch Up.

Blikslim Produkte
BLIKslim – jou alles in een ekstra klas pakket! Bemeester Wiskunde en Fisiese Wetenskappe met die hulp van Martin en Werner in stapsgewyse video lesse, werkstukke en oefeninge.
‘n Wye reeks produkte en opsies is beskikbaar teen verskillende pryse om enige iemand se beursie te pas. Kyk gerus op ons BLIKslim page vir al die nodige inligting en bestelvorms.
Martin
MARTIN DU PLESSIS (WISKUNDE)
Martin du Plessis is 37 jaar oud en woon in Pretoria. Hy het sy skoolloopbaan voltooi by Hoërskool Kempton Park waar hy matriek voltooi het met 17 vakke waarvan 14 onderskeidings was.
Martin het B.Sc (Aktuariële Wiskunde) by die Universiteit van Pretoria studeer. Hy het ook ‘n nagraadse sertifikaat in Wiskundige Onderwys en ‘n Honneursgraad in Wiskundige Onderwys, beide cum laude, aan die Universiteit van Suid Afrika verwerf. Martin was onder die toppresteerders in die land met sy matrikulasie in 2003. Gedurende sy studies by die Universiteit van Pretoria was hy gekies as lid van die Golden Key International Student Honour Society vir akademiese prestasie op universiteitsvlak. Hy is ook ‘n lid van Mensa vir ‘n IK bo 131.
Na voltooiing van sy graad het hy vir ‘n twee jaar tydperk in Dubai vir Emirates Lugredery gewerk. Met sy terugkoms na Suid Afrika in 2009 het Martin (tesame met Werner Cronje) DuCron Opleiding gestig wat ‘n maatskappy is wat aanvullende klasse in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe aan skoolleerders lewer. Martin staan hoofsaaklik aan hoof van die Wiskunde Departement van Klaskamer10.

Werner
WERNER CRONJÉ (FISIESE WETENSKAPPE)
Werner Cronjé is 37 jaar oud en woon in Pretoria. Hy het in 2004 met sy graadstudie te Universiteit van Pretoria (B.Sc. Aktuariële Wiskunde) begin, waar hy ‘n ekstra inkomste verdien het as tutor in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe vir hoërskool studente. Hy het tydens sy studies ook lidmaatskap verwerf aan die Golden Key International Student Honour Society vir uitnemende prestasie op Universiteitsvlak.
Werner is ook ‘n lid van Mensa wat sy IK in die top 2% van die wêreld se bevolking plaas.Nadat hy sy graadstudies suksesvol afgehandel het in 2006, het hy werkservaring opgedoen by Absa Konsultante en Aktuarisse asook Emirates Lugredery in Dubai. In 2009 het Werner (tesame met Martin du Plessis) DuCron Opleiding gestig om addisionele onderrig te bied in die vakke Wiskunde en Fisiese Wetenskappe, aan hoërskool leerders in die Oos-Rand. Werner is spesifiek gefokus op Graad 11 en 12 Fisiese Wetenskappe onderrig en het in die 10 jaar wat hy die vak aanbied, 1000de studente gehelp om punte so hoog as 99% in die matriek eindeksamen te verwerf. Werner staan hoofsaaklik aan hoof van die Fisiese Wetenskappe Departement van Klaskamer10.